
FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika
Bedryfsanalise
Bedryfsanalise is 'n snel ontwikkelende vakgebied en by uitstek geskik vir studente wat hou van rekenaarprogrammering en goed presteer in wiskunde. Werksgeleenthede is tans volop en strek oor 'n wye reeks industrieë.
Bedryfsanalise (wat soms ook data- of kennisontdekking genoem word) is die proses om data uit verskillende perspektiewe te ontleed en dit te vertaal in nuttige inliging - inligting wat gebruik kan word om inkomste te verhoog of koste te verminder, of albei.
Bedryfsanalisesagteware is dikwels geskoei op wiskundige algoritmes wat in die kunsmatige intelligensieveld ontwikkel is. Laasgenoemde het ons 'n oogmerk om rekenaarlogika op die menslike brein en menslike denkpatrone te baseer.
Kyk gerus na hierdie video wat n goeie opsomming gee van wat Bedryfsanalise is.
Let wel dat hierdie kurrikulum vereis dat 'n Wiskundeopknap-kursus voltooi word voor aanvang van studies, hiermee die studie notas.


