Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Navorsing: Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA)

Oor Ons

about Die nisarea: Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA) val onder die Skool vir Farmasie en het uit die vakgroepe Farmasiepraktyk en Kliniese Farmasie in die Skool vir Farmasie van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ontwikkel.

MUSA se navorsing en nagraadse opleiding fokus op die toepaslike gebruik van medisyne deur pasiënte in die openbare sowel as die privaat gesondheidsorgsektor in Suid-Afrika, insluitend faktore wat die gebruik van medisyne positief en negatief kan beïnvloed. Aangesien medisyne nie 'n algemene kommoditeit is nie, moet aptekers – met hulle unieke kennis en bevoegdhede – betrokke wees by die volledige proses vanaf die konsep tot die realiteit van medisyneverbruik. MUSA is ook die enigste navorsingsentiteit in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe wat op die finansiële aspekte van die lewering van gesondheidsorg fokus, veral op die koste van medisyne. Dit maak die navorsingsentiteit baie relevant, aangesien die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel die volgende probleme ervaar:
 

Snelgroeiende gesondheidsorg-uitgawes, waarvan medisyne ’n groot deel uitmaak.

Die las van koste vir gesondheidsorg ten opsigte van die behandeling van chroniese siektes en siektes wat op nasionale vlak 'n bedreiging inhou (MIV, tuberkulose, ens.).

’n Gebrek aan toegang tot noodsaaklike medisyne.

Probleme met gebruik, misbruik of ontoepaslike gebruik van medisyne.

Die implementering van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.

Ons is dus die ideale navorsingsgroep om te fokus op probleme wat met medisyneverbruikpatrone binne Suid-Afrika verband hou.