Printer-friendly version
Druk
Share this
 

POTCHEFSTROOMKAMPUS

Dagboek en Gebeure / 2013

Saterdag 2 Februarie

* Die immergewilde JOOL-vlotoptog vind van 09:00 tot 12:00 deur die dorp plaas met die studente wat terselfdertyd gaan blikskud. Die feesagtige atmosfeer en die kleurvolle, innoverende vlotte is gewis iets om nie te mis nie. 

 

 Maandag 4 Februarie

* Die NWU-Puk skop sy Varsitybeker-seisoen Maandagaand 19:00 op die Fanie du Toit-sportterrein teen die verdedigende kampioen, Tukkies, af. Dié wedstryd beloof om 'n skouspel te wees met verskeie op-die-veld vermaaklikhede wat ook vir ondersteuners wag.

 

 Donderdag 14 Februarie

* Amptelike 2013 opening van die NWU-Potchefstroomkampus Kunsgallery vind plaas. Die opening vind plaas in die vorm van 'n personeel-kunsuitstalling in die Botaniese Tuin om 17:30. Toegang is gratis.

* Prof Paul Schutte se tekstieluitstalling genaamd "BooMenSlik" is in die hoofgallery om 19:00 te sien. Toegang is gratis.

* Die NWU-Potchefstroomkampus Botaniese Tuin is elke weeksdag oop tussen 08:00 en 16:00 en toegang is gratis. Bespreek asb vroegtydig vir groepe meer as twintig persone. Kontak 018 299 2753.

 

Kontak asb vir Johan van Zyl by johan.vanzyl@nwu.ac.za om dagboekinskrywings te plaas.