Printer-friendly version
Druk
-A A +A
Font grootte
RSS Invoer
Share this
   Stuur / Boekmerk

INLIGTING OOR

 

SENTRUM VIR TEKSTEGNOLOGIE (CTexT®)
Produkte

Skryfhulpmiddels

1. Afrikaanse SkryfGoed

“Jy hoef nie ʼn graad in linguistiek te hê nie. ʼn Voorvinger is genoeg. Daar is ʼn Afrikaanse Speltoetser en ʼn Grammatikatoetser. Hulle is tot jou elektroniese diens.”

So skryf prof. Hans du Plessis, voormalige Direkteur van die ATKV-Skryfskool. Hiermee wil hy rekenaargebruikers gerusstel dat dit nie meer nodig is om oorweldig te raak wanneer dit kom by korrekte skryfwerk in elektroniese mediums soos Microsoft® Word nie.

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), van die NWU-Pukke, se skryfhulpmiddels help Suid-Afrikaanse rekenaargebruikers al ʼn geruime tyd om beter te skryf. CTexT se Afrikaanse SkryfGoed is die enigste versameling van vier Afrikaanse skryfhulpmiddels vir Microsoft® Office:
 

  1. Vir beter spelling: Afrikaanse Speltoetser
  2. Vir beter taalgebruik: Afrikaanse Grammatikatoetser
  3. Vir beter woordkeuse: Afrikaanse Tesourus
  4. Vir beter bladuitleg: Afrikaanse Woordafbreker

Veelgestelde vrae:
 

  • Waarom is die CTexT Afrikaanse Speltoetser nie gratis nie? Lees hier
  • Is Afrikaanse SkryfGoed 2011 versoenbaar met Apple® Mac®? Lees hier


2. Skryfhulpmiddels vir ander Suid-Afrikaanse tale

CTexT® het ook speltoetsers en woordafbrekers ontwikkel vir:

  • IsiNdebele
  • IsiXhosa
  • IsiZulu
  • Sesotho sa Leboa (Noord-Sotho)
  • Sesotho (Suid-Sotho)
  • Setswana
  • Siswati
  • Tshivenda
  • Xitsonga

3. Kontakbesonderhede

Programmatuur vir enkelgebruikers kan direk aangekoop en afgelaai word by www.spel.co.za, of kontak BlueTek Rekenaars vir ʼn kwotasie by 018 297 0164 of verkope@spel.co.za.

Opvoedkundige instansies kry 20% afslag en daar is lisensie-opsies vir meerdere gebruikers.