NWU-atlete oorwin Comrades
Die sweet het afgetap, die bene het gebewe en elke greintjie uithouvermoë was vir 89 km ingespan. Vir 15 atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) was daar egter ʼn soete beloning ná al dié inspanning: die reg om te kan sê “Ek het die 2012 Comrades-marathon voltooi.”
Mnre James Botha, Fanie Swanepoel, Cliff Wallace, Koos Degenaar, Henro Erasmus, Kaizer Phakathi, me Hilde Kemp, mnr Willie Lubbe, mnr Ockie de Kock, mnr Werner Coetzee, me Erichia Nel, mnr Ettiene Pretorius, mnr Stefan Pienaar, mnr Jaco Barnard en me Rika Huyser het almal hul moeë lywe voor die afsnytyd verby die eindpunt gekry.
Was dit nie vir ʼn geskeurde kuitspier wat hy tydens die marathon opgedoen het nie sou mnr Paul Harmse hom ook in bogenoemde groep bevind het.
Jaco Barnard het die roete die vinnigste voltooi in ʼn tyd van 07:23:37.