
NUUS
Nuusargief 2011
Gaan na nuusargiewe
NWU-student komponeer temamusiek vir DEKAT-TV
Potchefstroom – DEKAT-TV het op Donderdag 13 Oktober 2011 met 'n tweede seisoen van die televisiereeks op KykNet begin. Op daardie dag is die temamusiek wat deur Jaco Meyer gekomponeer is, ook bekendgestel. |
|
Noordwes-Universiteit open Sentrum vir Kind-, Jeug- en Familiestudies
Potchefstroom – Die amptelike opening van die NWU se nuwe Sentrum vir kinder-, jeug- en familiestudies (SKJF), is op die 4de Oktober vanjaar in Wellington (Wes-Kaap) gevier. |
|
NWU prof ontvang internasionale toekenning vir oefenstudiesPotchefstroom – 'n Kenner op die gebied van fisieke aktiwiteit vir spesiale populasies en mense met kroniese siektes aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, het pas opspraakwekkende navorsingsresultate getoon, wat aan haar internasionale erkenning besorg het. |
|
NWU stuur Leierskapakademie vir Moeder- en Kinderverpleegkundiges van stapel
Potchefstroom – Die Noordwes-Universiteit (NWU) is deur die Ere-vereniging vir Verpleegkundiges, Sigma Theta Tau International (STTI), aangewys as die eerste universiteit buite Amerika waar 'n leierskapakademie vir moeder- en kindverpleegkundiges van stapel gestuur word ten einde moeder-, baba- en kindersterftes in Afrika te verminder. |
|
Noordwes-Universiteit vyfde jaar in 'n ry aangewys as bes bestuurde universiteit
Institusionele Kantoor – Die Noordwes-Universiteit (NWU) het opnuut erkenning gekry vir sy verbintenis tot die handhawing van beste praktyk in doeltreffende bestuur en korporatiewe bestuur toe die universiteit vir die vyfde agtereenvolgende jaar die eerste plek behaal het in PricewaterhouseCoopers (PWC) se korporatiewebestuurstoekenning vir Uitnemendheid in Hoër Onderrig. |
|
NWU blink uit in nasionale kompetisie vir publikasies
Institusionele Kantoor – Die NWU se personeelblad, Eish!, kan beskou word as een van die beste interne publikasies in die land. |
|
Memorandum van verstandhouding (MVV) 'n eerste vir universiteite wêreldwyd
Institusionele Kantoor – Op 4 Augustus 2011 het die Internasionale Fietsryunie, via sy Centre Mondial du Cyclisme SA (CMC) / Wêreldfietsrysentrum (WFS), ? Memorandum van Verstandhouding met die Noordwes-Universiteit (NWU) onderteken. |
|
Instrumentmakery hermonteer mobiele navorsingseenheid
Potchefstroom – Mnr Alewyn Carstens, 'n meestersgraadstudent in omgewingswetenskappe het in samewerking met Instrumentmakery op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit 'n bakkie hermonteer om dit in 'n mobiele navorsingseenheid te omskep. |
|
|
Hanli Stapela sluit by die NWU se Skool vir Musiek aan
Potchefstroom – Die toenemende aanvraag na sangonderrig by die Skool vir Musiek,Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) het genoodsaak dat 'n derde voltydse sangdosent aangestel moes word. Die bekende Suid-Afrikaanse sopraan, Hanli Stapela, word vanaf die begin van die tweede semester in Julie by die Konservatorium verwelkom. |
|
|
Die NWU is verbind tot die gemeenskap
Institusionele Kantoor – Verteenwoordigers van nege SA universiteite het in Junie vanjaar Talloires Network Global Leaders se Konferensie in Madrid, Spanje, bygewoon. Die Noordwes-Universiteit is verteenwoordig deur dr Theuns Eloff, Visekanselier, en mev. Bibi Bouwman, Direkteur: Gemeenskapsverbintenis in die Institusionele Kantoor. |
|
|
Eduloan beloon twee studente
Potchefstroom – Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs met Google™ saamgewerk om hul beplande Afrikaanse weergawe van YouTube op die been te kry. |
|
|
Eduloan beloon twee studente
Institusionele Kantoor – Twee studente van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het elk 'n beurs van R10 000 van Eduloan ontvang. |
|
|
NWU-navorsers word THRIP-slim Institusionele Kantoor – Twintig NWU-navorsers en akademici, uit 20 verskillende vakgebiede, het op Donderdag, 2 Junie 2011, by die Institusionele Kantoor bymekaar gekom om 'n aanbieding vir navorsers deur THRIP by te woon. |
|
|
Vervaardigers verwelkom leerervaring by ExtruAfrica
Institusionele Kantoor – Voedsel- en voervervaardigers van Suid-Afrika en ander Afrika-lande is onlangs die geleentheid gegun om ExtruAfrica, ? ekstrusie (uitperstegnologie)-werkswinkel en –seminaar by te woon. |
![]() |
|
Oop afstandsonderrig betree ’n nuwe fase
Institusionele Kantoor – Die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het met die onlangse amptelike opening van die nuwe gebou vir oop afstandsonderrig sy verdere ontwikkeling gevier. |
![]() |
|
Oud-Potchefstrommkampus student nou nuwe adjunk-dekaan by universiteit in Ohio
Potchefstroom - ? Oudstudent van die Potchefstroomkampus is onlangs benoem as adjunk-dekaan vir navorsing en graadstudies aan die College of Pharmacy aan die Northeastern Ohio Universities Colleges of Medicine and Pharmacy (NEOUCOM). |
|
|
Navorsingsprogram ontsluit die geheim van positiewe potensiaal Vanderbijlpark – Optentia is ‘n navorsingsprogram wat onlangs op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit tot stand gebring is. Die word “Optentia” het sy oorsprong vanuit twee woorde, naamlik “Optimaal” en "Potensiaal". |
|
|
Sangstudente gaan internasionaal
Potchefstroom - Drie sangstudente van mev Santisa Viljoen by die Skool vir Musiek in Potchefstroomkampus vertrek in Julie en Augustus na Europa waar hulle aan verskillende musiekprogramme sal deelneem. |
|
|
Geoktrooieerde Rekenmeester-studente presteer goed
Vanderbijlpark – Graduandi van die Skool vir Rekeningkundige Wetenskappe aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit het skoonskip gemaak tydens die professionele eksamen van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) wat in November 2010 afgelê is.
|
![]() |
Tolkdiens by laerskool ‘n wenresep!Potchefstroom - Met die eerste skoolweek agter die rug, verloop Laerskool President Pretorius se splinternuwe tolkprogram vlot en onderwysers beskou dit as ‘n vlagskip waaruit baie skole kan baat. |
|
Syferslim studente presteer in nasionale kompetisieVanderbijlpark - Twee syferslim studente van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit , Sonica van Dyk en Bongane Shongwe het elk 'n plek op die top-20 lys van die gesogte Ou Mutual en Nedbank Begrotingstoespraak-kompetisie verwerf. Beide hierdie studente het in die nagraadse afdeling deelgeneem. |
|
Tegnologie ingespan vir dosente-evalueringVanderbijlpark - Gebruikersvriendelik én innoverend. Dit is hoe personeel en studente, verbonde aan die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie, die gebruik van “clicker”-tegnologie beskryf na 'n onlangse toetsprojek om die bruikbaarheid en sukses daarvan vas te stel. |
|
Kompetisie vereer jong sportmanne en –vroueVanderbijlpark - Aan sporttalent ontbreek die Vaaldriehoek beslis nie en na die onlangse prestige Vaalweekblad Sportster van die Jaar kompetisie is almal dit eens: daar wink 'n blink toekoms vir die streek se jong sportmanne en –vroue. |
|





