Printer-friendly version
Druk
-A A +A
Font grootte
RSS Invoer
Share this
   Stuur / Boekmerk

ANDER INLIGTING

 

NWU Loopbaansentrum

Oor ons

Die Loopbaansentrum is die eerste stop vir studente wat inligting benodig oor werksgeleenthede, die skryf van 'n CV, onderhoudstegnieke en ander hulpbronne rakende hul loopbaan.  Die NWU se interaktiewe webblad is 'n skakel tussen studente en werkgewers in die arbeidsmark.  Op hierdie wyse sal studente beter toegang tot moontlike werksgeleenthede in verskeie industrieë verkry.

Die Loopbaansentrum ondersteun werkgewers om gekwalifiseerde persone te vind om hul vakante betrekkings te vul.

Beroepsvoorbereiding
Loopbaansentrumbiblioteek
Die interaktiewe webwerf van die NWU
Slypskole
Kritieklewering op curriculum vitae
Loopbaanuitstallings en geleenthede
Onderhoude
Weet nie wat om te studeer nie
Kursusse aangebied by die NWU

Beroepsvoorbereiding: Die Loopbaansentrum is die eerste plek waar studente advies kan kom soek oor moontlike loopbaangeleenthede. Studente sal gehelp word met beroepsverwante navrae en moontlike werksgeleenthede in verskeie organisasies en maatskappye. Besoek die LoopbaanSone op ons webwerf om jou CV te registreer en leer ook meer in verband met verskeie geleenthede wat vir NWU-studente beskikbaar is.

Loopbaansentrumbiblioteek: Besoek die Loopbaansentrum en verkry toegang tot inligtingshulpbronne in verband met die arbeidsmark, loopbane, beroepe, loopbaangeleenthede, hulp met jou werksoekery, die skryf van jou CV, voorbereiding vir 'n onderhoud en ander hulpbronne in verband met werkgewers en jou loopbaantoekoms.

Die interaktiewe webwerf van die NWU: Die Loopbaansentrum se webwerf help om studente en maatskappye in die werksmark in kontak met mekaar te plaas. Dit sal aan studente meer toegang verleen tot moontlike werksgeleenthede in verskeie industrieë. Studente kan aanlyn werk soek en aansoek doen vir poste, hul CV's op die internet plaas, werksaansoeke nagaan, werk via e-pos vind en die werksoekhulpbronne aanlyn gebruik.

Slypskole: In hierdie slypskole sal studente in klein groepies gehelp word met werksoekvaardighede, hoe om 'n impak by die onderhoud te maak, hoe om 'n professionele CV op te stel en finansiële fiksheid.

Kritieklewering op curriculum vitae: Die Loopbaansentrum bied individuele afsprake aan om studente met hul curriculum vitae te help. Skakel die kampus se skakelbeampte vir 'n afspraak:

Loopbaanuitstallings en geleenthede: Die Loopbaansentrum streef daarna om skakeling tussen studente en werkgewers te bevorder. Woon die loopbaanuitstallings, werwingsessies van werkgewers en ander inligtingsessies by om jou nuwe werkgewer te ontmoet.

Onderhoude: Daar sal geriewe vir onderhoudvoering op die kampus beskikbaar wees waar werkgewers onderhoude met studente kan voer.

Terug na bo

Indien u nie weet wat om te studeer nie of indien u van kursus wil verander: 

Mafikengkampus:  +27 (0) 18 389 2240.
Potchefstroomkampus:  +27 (0) 18 299 289.
Vaaldriehoekkampus:  +27 (0) 16 910 3192.

Vir kursusse en beroepsmoontlikhede wat by die NWU aangebied word, kontak:

Mafikengkampus:  Bemarking & Kommunikasie  +27 (0) 18 389 2252.
Potchefstroomkampus:  Toelatingskantoor  +27 (0) 18 299 2458 of Bemarking en Kommunikasie  +27 (0) 18 299 2762.
Vaaldriehoekkampus:  Bemarking & Kommunikasie  +27 (0) 16 910 311.

Opgedateer op 27 Julie 2010 deur Alta van den Berg.