
BEHEER EN BESTUUR
Beheerstrukture: Institusionele Forum
Samestelling
Die Institusionele Forum (IF) vervul ’n belangrike raadgewende rol ingevolge die Wet op Hoër Onderwys en die NWU-statuut. Hierdie rol is spesifiek om die Raad te adviseer oor die implementering van die Wet op Hoër Onderwys en Nasionale Hoëronderwysbeleid, die aanstelling van lede van die Institusionele Bestuur en Senior Bestuur, die NWU-beleid oor ras- en geslagsgelykheid, gedragskodes, beleid oor mediasie en geskilbeslegting, die bestuur van kulturele diversiteit en die bevordering van institusionele kultuur op grond van verdraagsaamheid en respek vir basiese menseregte.
Die IF bestaan uit 25 lede, wat drie kampusse verteenwoordig, en met prof Christo van Wyk as voorsitter.


