Printer-friendly version
Druk
-A A +A
Font grootte
RSS Invoer
Share this
   Stuur / Boekmerk

INLIGTING OOR

 

NAVORSINGSONDERSTEUNING  

Tuisblad

Die Institusionele Kantoor vir Navorsingsondersteuning is verantwoordelik vir alle navorsingsadministrasie en -ondersteuning en bied gespesialiseerde ondersteuning om navorsing te stimuleer.

Die doelwitte van die Institusionele Kantoor vir Navorsingsondersteuning is die volgende:

  • Fasiliteer die ontwikkeling en verskaf bystand met die implementering van die navorsingsbeleid, -strategie en -prosesdokumente, insluitend die koördinering van die implementering van die navorsingsentiteitsmodel, aansporingsmaatreëls en toekennings vir navorsers.

  • Kommunikeer en rapporteer oor navorsingsverwante inligting, insluitend prestasieparameters en maatstawwe deur middel van die bestuur van die RIMS/Info-Ed en departementele navorsingsdatabasis, asook deur bemarking van navorsing.

  •  Verskaf ’n doeltreffende navorsingsondersteuningsdiens wat totale kwaliteitbestuur vir navorsingsondersteuning verseker, insluitend die fasilitering van toepassings van navorsingsetiek, NWU-navorsingstoerustingsprogram, die administrasie van alle staatsgesubsidieerde navorsing en subsidie-eise en die doeltreffende evaluering van navorsing – intern sowel as ekstern.

  • Ondersteun die doeltreffende en optimale aanwending van die NWU se navorsingsfondse, insluitend befondsingsgeleenthede, aansoeke (voor-toekenning) en toewysing (na-toekenning) van fondse, en die bestuur, monitering en rapportering van alle navorsingsfondse aan die NWU

  • Fasiliteer die ontwikkeling van die navorsingskapasiteit van akademiese personeel deur middel van die verbetering van die kwaliteit van aansoeke, navorsing-verwante opleiding en promosie van postdoktorale genote.