Printer-friendly version
Druk
Share this
 

NWU Loopbaansentrum:  Dienste aan werkgewers

Loopbaanuitstallings

Dit is vir die Loopbaansentrum van die Noordwes-Universiteit aangenaam om aan te kondig dat daar 'n Loopbaanuitstalling op elke kampus aangebied sal word gedurende 2013.

Noordwes-Universiteit Loopbaanuitstallings

Alle maatskappye en werkgewers word uitgenooi om in die vorm van 'n uitstalling hul organisasie aan NWU studente op elke kampus bekend te stel.  Loopbaanuitstallings is 'n uitstekende wyse vir maatskappye / organisasies om studente te ontmoet en aan hulle bekend te stel hoe u maatskappy gegradueerdes in diens neem.  Terseldertyd word u maatskappy se profiel verhoog en aan studente bemark.

Voordele vir die werkgewer:

•  Geleentheid om volledige inligting oor u maatskappy aan studente oor te dra;
•  Skep belangstelling in toekomstige indiensnemingsaktiwiteite;
•  Studente wat deelneem is baie gemotiveerd;
•  Verhoog u maatskappy se profiel op elke kampus.

Loopbaanuitstallings 2013:

Loopbaanuitstallings

Kampus

Datum

Bookings Close

Algemeen (alle studievelde) Vaaldriehoek 02 Mei 2013 11 April 2013

Rekeningkunde, Ekonomies Wetenskappe en Inligtingstegnologie

Vaaldriehoek 03 Mei 2013 11 April 2013
Algemeen (alle studievelde) Potchefstroom 07 Mei 2013 11 April 2013
Ingenieurswese, Gesondheidswetenskappe & Natuurwetenskappe Potchefstroom 08 Mei 2013 11 April 2013
Regte Potchefstroom 09 Mei 2013 11 April 2013
Rekeningkunde Potchefstroom 16 Mei 2013 11 April 2013
Algemeen (alle studievelde) Mafikeng 17 Julie 2013 20 Junie 2013
Algemeen (alle studievelde) Mafikeng 18 Julie 2013 20 Junie 2013

 

Hoe om te registreer vir die NWU Loopbaanuitstallings:

Registrasievorm: 2012 Loopbaanuitstalling registrasievorm
                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

Faks of e-pos die voltooide registrasievorm aan: 

Bernice Smit (Loopbaansentrumbestuurder)
Faks:          +27 (0) 18 299 2019
E-pos:        bernice.smit@nwu.ac.za

Verblyf

Spesiale tariewe gedurende die Loopbaanuitstallings is by plaaslike hotelle beding.  Kontak ons gerus indien u meer inligting oor verblyf benodig.  Alternatiewelik kan 'n lys van akkommodasie in elke gebied ook aan u voorsien word.

Terug na bo

Opgedateer op 14 Februarie 2013 deur Hope Abrahams.