
FAKULTEIT TEOLOGIE
Navorsing
Navorsingsfokus
Die eenheid beskik oor ’n groot aantal goed-opgeleide teoloë, wat almal nasionaal en internasionaal erken word as uitstekende akademici.
Die eenheid funksioneer binne die raamwerk van die breë Reformatoriese tradisie, maar is ook toeganklik vir studente van ander tradisies.
Die fokus van die eenheid is die studie van Reformatoriese Teologie en die belangrikheid en bydrae daarvan tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Gemeenskap.
As deel van die Fakulteit Teologie, funksioneer die Navorsingseenheid as ’n onafhanklike bestuurseenheid met eie personeel.
Die Nagraadse kwalifikasies van die Fakulteit Teologie, die Meesters-en Doktorskwalifikasies, val onder die voogskap van hierdie eenheid.
Prof Francois Viljoen
Navorsingsdirekteur
Oktober 2010


