
SR Akademie
Prestige Funksie
Die Akademiese Prestige Funksie is die kampus se spog-geleentheid om erkenning te gee aan Top Presteerders binne die onderskeie fakulteite. Die aand sorg vir swier en bederf en terselfdetyd kry u die geleentheid om skouers te skuur met Top Bestuur van die Universiteit wat die aand bywoon om hierdie uitstaande prestasie saam die studente te geniet.


