
Fakulteit Teologie
Nagraadse Programme: Navorsingvoorstelle
-
Nadat u aansoek aanvaar is en u geregistreer het, moet u onder begeleiding van u studieleier ‘n navorsingsvoorstel opstel.
-
Die navorsingsvoorstel moet opgestel word ooreenkomstig die riglyne van die Handleiding vir Navorsingsvoorstelle.
Verwysings en bibliografiese gegewens moet ooreenstem met die styl soos voorgeskryf in Verwysings. -
Nadat die studieleier die navorsingsvoorstel goedgekeur het, word die voorstel gesirkuleer onder die projekgroep.
-
Indien die projekgroep die navorsingsvoorstel goedkeur word dit voorgel aan die Kommissie vir Gevorderde Grade (KGG). Die KGG bestaan uit al die projekleiers.
-
Indien die KGG die voorstel goedkeur word die voorstel voorgel aan die Dagbestuur van die Fakulteit en Senaat met ‘n aanbeveling van die eksaminatore.
-
Nadat die Dagbestuur van die Fakulteit en Senaat die voorstel goedgekeur het, vind titelregistrasie plaas.
-
Die navorsingsvoorstel moet verkieslik tydens die eerste jaar van registrasie afgehandel word.
-


