Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Musiekstudente slaan heelwat beurse los

Veertien voor- en nagraadse studente van die Skool vir Musiek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het beurse van die Suider-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie (SAMRO) ontvang ter ondersteuning van hulle musiekstudies.

SAMRO bied jaarliks beurse van R10 000 elk in vyf kategorieë aan vir studente aan al die tersiêre instellings in Suid-Afrika. Die NWU Skool vir Musiek is een van net twee instellings in die land wie se studente beurse in al vyf kategorieë ontvang het.


 


Van die SAMRO beurswenners is:
 Agter van links: Stefan Steyn, Mart-Mari Swanevelder, Deon Swanevelder en Andrew Olsen. Voor van links staan Busisiwe Fihla, Pinkie Sibi, Ewie van der Merwe en Joy Meyer.