mip: voedsel

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Skool vir Biologiese Wetenskappe
Vakgroep: Mikrobiologie

   

Mikrobiologie in praktyk: Die Voedsel Industrie

Ten spyte van bakterie en fungi, kieme vir die algemene term, wat as sleg vir jou geklassifiseer word deur die algemene media, is die waarheid dat daar ‘n kant van mikro-organismes is waar die voordele by verre meer is as die nadele.  Klink dit te goed om waar te wees?  Wel, kom ons begin met ‘n tipiese dag.

Vir ontbyt geniet jy jou ontbytkos met melk, miskien selfs ook joghurt.  Gesondheidsbewus?  Wel wat van ‘n paar vitamienes om die dag mee te begin  Deur die dag geniet jy dalk ‘n ligte slaai, miskien met olywe en kaas, dalk met ‘n ligte slaaisous.  Vir aandete geniet jy en jou vriende dalk pizza met salami, pepperoni, olywe.  Wat van Oosterse kos?  ‘n Glasie wyn of ‘n bier saam met die maaltyd ? En net so vir interessantheid, hoeveel glase water het jy vandag gehad?

Is die verwantskap nie duidelik nie?  Wel, kom ons kyk weer daarna.

Vervaardiging
Kom ons begin met voedsel.

Mikrobiese fermentasie word al sedert antieke tye gebruik om voedsel soos kaas, joghurt en alkoholiese dranke soos wyn en bier te vervaardig.  Voedselsoorte soos olywe, sommige verwerkte vleise en byvoeging (soos asyn en sojasous) is ook die resultaat van mikrobiese fermentasies.  Sommige voedselkleurstowwe en –geurmiddels word deur mikro-organismes geproduseer.  Van die vitamienes wat in sekere produkte ingesluit word, is die produkte van hoë opbrengs rasse.

Buiten vir die rol in die vervaardiging van die produkte, speel mikrobioloë ook ‘n rol in die preservering van die werkende kulture, en soek voortdurend vir beter rasse.

Water
Algemene huishoudelike en industriële verbruik benodig aansienlike hoeveelhede water.  Die siklus begin by watersuiweringsaanlegte waar mikrobiologiese en chemiese toetse uitgevoer word om die gehalte van die water te verseker voor verspreiding.  Na die water gebruik is, behandel bakterieë en protosoë die afvalwater sodat die water weer terug kan keer na strome en riviere sonder om die omgewing nadelig te beïnvloed.  Mikrobioloë by hierdie aanlegte en staatsinstellings monitor en beheer hierdie prosesse.

Veiligheid en Higine
Die langtermyn stoor van voedsel verteenwoordig ‘n aansienlike uitdaging om te verhoed dat die voedsel deur mikrobes bederf word.  Buiten dat voedselbederf die produk onaanvaarbaar vir die verbruiker maak, kan dit ook ‘n gesondheidsrisiko dra.  Die toenemende gewildheid van reeds voorbereide maaltye dra die risiko van verhoogde uitbrake van Listeria en Campylobacter voedselvergiftiging.

Mikrobioloë is van uiterse belang om die veiligheid en voedingswaarde van hierdie produkte te verseker, en speel ‘n belangrike rol in produk ontwikkeling, voedsel higiëne en preservering.