Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Skool vir Biologiese Wetenskappe
Vakgroep: Mikrobiologie

   

Mikrobiologie in praktyk: Mikrobes meen besigheid

Alhoewel dit onwaarskynlik klink, is mikrobiologie groot besigheid.  Oorweeg die volgende: mikrobiologie kan toegepas word in navorsing, produk ontwikkeling, vervaardigingsprosesse en die veiligheid van goedere.  Kom ons kyk daarna deel vir deel.


Farmaseutika
Farmaseutiese maatskappye gebruik mikrobiolo by hul navorsingsfasiliteite en vervaardigingsaanlegte.

Een van die hoof dryfvere van die farmaseutiese bedryf is die ontwikkeling van produkte om mens en dier se gesondheid te verbeter.  Die mees algemene voorbeeld moet sekerlik antibiotika wees om verskeie bakteriese siektes te bestry.  Weens die toenemende verskynsel van antibiotikum-weerstandbiedende bakterie is die farmaseutiese bedryf in 'n kop-aan-kop stryd gewikkel om een stap voor die mikro-organismes te bly.  Vooruitgang in molekulre biologie het aansieklike impak gehad op die produksie van middels soos insulien, wat deur geneties gemodifiseerde mikro-organismes vervaarding word.

Aan die begin van produk ontwikkeling is mikrobiolo betrokke by bioprospektering vir farmaseuties bruikbare verbindings, sifting van organismes vir verbindings wat deur die organismes geproduseer word wat moontlike farmaseutiese toepassings kan h.

Vir die produksie prosesse van farmaseutiese verbindings is die groot-skaalse kweek van mikrobes nodig.  Die bedryf van hierdie fermenteerders is een van gebiede waar mikrobiologie en ingenieurswese oorvleuel.  Die opskaal van 'n laboratorium proses tot produksie skaal is beslis geen maklike taak.  Industrile mikrobiolo word ook aangestel vir die herwinning en verwerking van farmaseutiese verbindings vanuit die fermenteerders.

Mikrobiolo speel ook 'n rol in die evaluering van nuwe farmaseutiese verbindings voor dit geregistreer word vir menslike gebuik.

Biotegnologie "start-up" maatskappye en “spin-outs”
In die afgelope paar jare was daar wreldwyd 'n dramatiese toename in klein tot medium biotegnologie maatskappye.  Hierdie maatskappye ontwikkel biofarmaseutika of gespesialiseerde instrumente vir gebruik in gesondheid- en biotegnologie-toepassings.  In party gevalle begin universiteite maatskappye, wat as "spin-outs" bekend staan, om akademiese navorsing kommersieel te eksploiteer.

Biochemikalie
Buiten mediese en farmaseutiese toepassings, is mikrobiolo ook betrokke by die vervaardiging en gehalte toetsing van nuttige verbindings soos aminosure, antiseptiese middels, organiese sure, vitamienes en proteene.

Bo en behalwe nuttige verbindings, verteenwoordig die produksie van ensieme vir industrie en navorsing 'n besigheid in eie reg.  Die produkte van hierdie maatskappye kan gebruik word in diagnostiese prosedures, vervaardigingsprosesse en molekulre tegnieke soos DNA "fingerprinting".  Sommige van die ensieme wat geproduseer word het gebruike in jou eie huishouding, byvoorbeeld ensieme is wasgoedsepe.  Sommige van hierdie ensieme word selfs in die voedselindustrie gebruik.