Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Bemarking en Kommunikasie

Reputasiebestuur: Skakelwerk

Die Departement Bemarking en Kommunikasie is betrokke by verskeie geleenthede waar studentebemarking plaasvind. Die departement is die borg van verskeie sportgeleenthede, waaronder atletiekreekse in Noordwes, Suid-Kaap en Gauteng. Verder bied die universiteit drie sportreekse nl. Prestigereeks, Interprovinsiale reeks en die Puk 16 aan vir rugby, netbal en hokkie vir onder andere klein, medium en groot skole.

Die jaarlikse Opedag op 1 Mei is reeds vir jare op elke matrikulant se kalender en is ’n geleentheid wat nie misgeloop kan word nie. Verskeie ander dae waartydens fakulteite bemarking doen van spesifieke rigtings, soos Rekeningkunde, Ingenieurswese en Bedryfwiskunde en Informatika word ook aangebied.

Vir meer inligting, skakel Hannatjie Visagie by 018 299 2766.