
Bemarking en Kommunikasie
Korporatiewe Identiteit
Dit is die universiteit se beleid om die handelsmerk en beeld van die universiteit en Pukkampus te bestuur deur middel van die implementering van ’n Korporatiewe Identiteit en handelsmerkbeleid wat verwante doelstellings soos nakoming van regulasies ten opsigte van korporatiewe identiteit, visuele taal, fotografiese styl en kreatiewe konsepte in ag neem.
Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is afhanklik van sy handelsmerkidentiteit om ’n konsekwente en toepaslik handelsmerkbeeld te skep ten einde die Universiteit as ’n “toonaangewende universiteit in Afrika, gedryf deur die strewe na kennis en innovasie” te posisioneer. Hierdie beleid definieer die rolle, prosedures en rels vir die Noordwes-Universiteit om te verseker dat die prosedures nagekom word en dat daar verantwoordbaarheid is in die implementering, stroombelyning, beheer, bestuur en handhawing van die Noordwes-Universiteit-handelsmerk.
Korporatiewe identiteit verwys na die visuele identiteit van die Universiteit (soos die logo, swoesj, korporatiewe kleure, ens.), wat gebruik word om die instelling vir sy belangegroepe te identifiseer en aan te bied en om hom van ander organisasies te onderskei. Hierdie beleid hou verband met die primre elemente van ’n korporatiewe identiteit wat insluit, maar nie beperk is nie tot:
• korporatiewe ontwerp (insluitend die universiteit se logo, simbole, verwante drukwerk en grafika, en die konsekwente manier waarop dit visueel op skryfbehoeftes, bemarkingsmateriaal, verpakking, ens.) gebruik word;
• korporatiewe kommunikasie (reklame, skakeldienste, inligting, ens.);
• korporatiewe gedrag (interne waardes, norme, ens.) – wat nie in hierdie beleid behandel word nie;
• die sigbare elemente (bv. die naam van die Universiteit, logotipes, tekens, kantore, geboue, reklame, voertuigkentekens, verpakking, briefhoofde, besigheidskaartjies, ens.) wat gebruik kan word om die Universiteit identifiseer.
KID-handleiding - ’n Dokument met riglyne vir die gebruik van relevante logo’s (primr en sekondr, in alle formate), template, stylgidse, konsepte en visuele taal. Komponente sluit tipies die gebruik daarvan in op verskeie media soos skryfbehoeftes (bv. amptelike vorms, dokumente, besigheidskaartjies), sertifikate, kommunikasiehulpmiddels (publikasies, nuusbriewe, uitnodigings, ens.), bemarkingsmateriaal (insluitend reklame, plakkate, baniere, voertuighandelsmerkgewing), klere (insluitend formele, informele, en seremonile drag), promosie-items, naamborde, en binneontwerp.
Personeel kan die intranet besoek om die KID-handleiding te kry en toe te pas.
Die handleiding sluit die volgende punte in:
1. Doelwitte
2. Bewaarder van die Korporatiewe Identiteit
3. Basiese aspekte
4. Kampus-logotipes
5. Sekondre elemente
6. Korporatiewe skryfbehoeftes
7. Sertifikate en grade
8. Toegangskaarte en drabandjies
9. Seremonile regalia
10. Bemarkingsmateriaal
11. Formele en informele kleredrag
12. Kommunikasiemateriaal
13. Kontakbesonderhede
Vir meer inligting, skakel vir Winton Windell by 018 299 2562 of Karen Engelbrecht 018 299 2563.


