Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Kerningenieur by NWU ontvang gesogte toekenning

Potchefstroom - Werner van Antwerpen van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het bewys dat hy ? ware ambassadeur is toe hy onlangs die Harry Mandill-toekenning vir uitsonderlike meestersgraadnavorsing op die gebied van kerningenieurswese ontvang het.

Van Antwerpen is tans ? PhD-student in kerningenieurswese by die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese. Hy het sy meestersgraad met lof in dieselfde vakrigting in August 2007 voltooi.
Hy sê dit is werklik ’n eer om die toekenning te ontvang. “Ek is op meer as een wyse geseën. Ek is net die resultaat van die uitnemendheid van opvoeding wat die skool bedoel het om te bereik,” het Van Antwerpen gesê. Harry Mandil was een van die stigters van MPR, ? interdissiplinêre ingenieursfirma wat in 1964 gestig is. Die firma het ? wye internasionale praktyk en het ook onlangs in Suid-Afrika wortel geskiet. Die MPR ondersteun onderrig en navorsing en het die internasionale toekenning in die lewe geroep om die beste meestersgraadstudent in kerningenieurswese te vereer.

Die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese was die eerste om ’n leerstoel in kerningenieurswese in Suid-Afrika te ontvang en die prestasies hiervan spreek boekdele van die NWU se ywer om baanbrekerswerk ten opsigte van innovasie te doen.

Van Antwerpen was ook die enigste Suid-Afrikaanse afgevaardigde wat gekies is om deel te neem aan die European Nuclear Education Network Association’s (ENEN) International Youth Conference on Energetics in Budapest wat vroeg in Junie plaasgevind het. Tydens hierdie konferensie is Van Antwerpen ook as een van die drie wenners aangekondig. As deel van die prys is hy genooi om ? voordrag by ’n ENEN-konferensie aanstaande jaar in Barcelona te doen.

Werner_van_Antwerpen_toekenning_a
______________________________________________________________________________________________
Werner van Antwerpen (middel), prof Jat du Toit by Meganiese Ingenieurswese) en prof Mariëtte Lowes, Viserektor: Akademie.