Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Studente Administrasie

Hoe doen ek aanlyn aansoek?

Stap 1

Indien jy nog nie ʼn studentenommer het nie, begin deur op die skakel Skep nuwe studentenommer” te kliek.

Let asseblief daarop dat die toekenning van 'n studentenommer nog nie beteken dat jy klaar is met die aansoekproses nie, gaan asseblief deur al die onderstaande stappe om te verseker dat jou aansoek volledig is en ons bereik. Onvolledige aansoeke sal nie deur die Universiteit hanteer word nie.

Indien jy wel reeds ʼn studentenommer het gaan na Stap 2.

Stap 2

Wanneer jy nou jou studentnommer ontvang het saam met die pinnommer wat jy geskep het, kliek nou op die skakel “Teken aan” om jou aansoek te skep.

Stap 3

Voltooi nou die afdelings.

Gebruik die “Jaarboekskakel” om meer inligting te verkry oor kwalifikasies, metodes van aflewering en kurrikulums.

Stap 4

Maak asseblief seker dat wanneer jy klaar is jy die “Stuur aansoek” knoppie druk om te verseker dat ons jou aansoek ontvang.

Wanneer jy jou aansoek na die Universiteit gestuur het, sal jy ʼn ontvangserkennings-e-pos ontvang.  Indien jy dit nie ontvang nie, kontak ons asseblief.

Stap 5

Om jou aansoek finaal te kan oorweeg voorsien ons asseblief van die volgende stawende bewyse:

  • Getekende onderneming.
  • 2 paspoort-grootte foto's.
  • ʼn Afskrif van jou identiteitsdokument.
  • ʼn Afskrif van jou ouers/voog se identiteitsdokumente.
  • Beskikbare graad 12-punte (of gr 11 indien gr 12 nog nie beskikbaar is nie).
  • ʼn Afskrif van jou matrieksertifikaat – indien jy reeds matriek geslaag het.
  • Losiesdeposito van R500 indien jy aansoek doen vir koshuisinwoning
  • Aansoekgeld van R150 - bewys van betaling

Bogenoemde dokumente kan aan ons per pos, faks of e-pos gestuur word.

NB

Indien jy nie jou aansoek volledig voltooi het nie, kan jy weer soos in Stap 2 aanteken met jou studente- en pinnommer en dan die opsie Wysig aansoek kies om die aansoek te voltooi.