
GEMEENSKAPSVERBINTENIS
Gemeenskapverbinteniskantoor
Die doelstellings van die Gemeenskapsverbinteniskantoor is die volgende:
• Om te verseker dat alle gemeenskapsverbintenisprojekte met die visie en missie van die NWU ooreenstem.
• Om die NWU as ’n verkose KMI-implementeringsagent te posisioneer deur
- korporasies te help om langtermynstrategie vir volhoubare korporatiewe investering te beplan. Die fokus is op wetgewing ten opsigte van Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die 1% bydrae wat maatskappye regtens tot KMI moet maak.
- gemeenskappe in staat te stel om hulle vaardighede, leefstyle en gemeenskapsomgewing te verbeter ten einde sosiale entrepreneurs in die streek en samelewing in sy geheel met ’n positiewe ekonomiese impak te stimuleer.
• Om relevante gemeenskapsprojekte wat deur lede van die NWU namens die Universiteit bedryf word, te bevorder, te fasiliteer en te koördineer.
• Om te help om vennootskappe te sluit met alle relevante belanghebbendes en om die implementering van kundigheid uit die poel van intellektuele goedere binne die NWU te fasiliteer.
Die eksterne fokus van hierdie kantoor is om:
• die implementering van kundigheid, beide kommersieel en gemeenskapsgerig, tot voordeel van die provinsie, die land, die SAOG-streek, die vasteland en uiteindelik die wêreld uit te brei;
• te verseker dat positiewe verhoudings tussen gemeenskapsverbintenispraktisyns in die plaaslike gemeenskap en die NWU gebou word;
• befondsing van gemeenskapsverbintenisprojekte met die regering en die privaat sektor in samewerking met die Institusionele Bevorderings- en Sakeontwikkelingskantoor van die NWU te fasiliteer en te beding;
• die Forum vir Deurlopende Ontwikkelingsamewerking (FDOS), in samewerking met die Institusionele Bevorderings- en Sakeontwikkelingskantoor te fasiliteer. Die doel van hierdie forum is om begrip en samewerking tussen alle NWU-deelnemers en eksterne bondgenote en belanghebbendes in die distrik en die streek vir maksimum impak te bevorder.
Intern is die fokus van hierdie kantoor om:
• relevante gemeenskapsprojekte te implementeer;
• ’n implementeringsraamwerk vir projekte te voorsien deur hulle as deel van die kernbedrywighede van die NWU te posisioneer (met ander woorde implementering van kundigheid);
• jaarliks ’n brosjure te publiseer wat ’n oorsig van alle gemeenskapsverbintenisprojekte van die NWU en sy onderskeie kampusse bevat;
• lynbestuurders te help om gemeenskapsdiensprojekte as deel van individuele prestasie-ooreenkomste van personeel te bestuur;
• lynbestuurders te help om te verseker dat doeltreffende indiensleerprosesse deur die NWU in die gemeenskap geïmplementeer word;
• spesifieke maniere te ondersoek en te ontwerp waarvolgens die impak van gemeenskapsverbintenisprojekte gemeet kan word; en
• die kwaliteitsbestuurstelsel en –prosedures na te gaan om te verseker dat projekte verantwoordbaar volgens kwaliteit, lewering, besteding, volhoubaarheid, monitering en evaluering bestuur word.


