
GEMEENSKAPSVERBINTENIS
Strategie
Die NWU is tans by meer as 300 niewinsgewende projekte betrokke. Die universiteit beplan egter om hierdie projekte in die toekoms in kategorieë met spesifieke fokusareas te konsolideer. Die klem sal op multidissiplinêre vlagskipprojekte met volhoubare resultate val. Deur tussen verskillende vlakke van gemeenskapsbetrokkenheid te onderskei, beoog ons om van suiwer liefdadigheidshulpverlening te beweeg na projekte wat sosiale entrepreneurs in ons samelewing plaas.


