
FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe
Vakgroep: Fisika
Fisika
Profiel: Dr. Jaco Minnie (oud-Fisika student)
Waar het jy groot geword
In Vryheid, Kwazulu-Natal.
Watter kwalifikasies het jy by die NWU se Pukkampus verwerf
B.Sc. (Fisika & Toegepaste Wiskunde), 1999; M.Sc. (Fisika), 2002; Ph.D. (Fisika), 2006.
Hoekom Fisika
In my tweede studiejaar as ‘n elektroniese ingenieurstudent het ek besef dat ek eerder ‘n meer natuurwetenskaplike rigting wil volg. Gevolglik skakel ek in my derde studiejaar in 1998 oor na ‘n B.Sc.-kurrikulum met Fisika en Toegepaste Wiskunde as hoofvakke.
Hoeveel tyd het jy op die Puk spandeer
1996-2006. (Elf jaar)
Vertel iets van jou pad op die Puk wat gelei het tot waar jy nou is.
Kort na ek by die Universiteit van Delaware in 2005 arriveer, ontmoet ek my toekomstige vrou, Rachel Mayrer. Ons is intussen getroud en huidiglik verwag ons ons eerste kind in Mei 2009.
In 1999 was ek gekies vir die 39ste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie en bestee 15 maande op die Antarktiese kontinent vanaf November 1999 tot Januarie 2001. Gedurende hierdie tyd as ‘n werknemer van die Department van Omgewingsake en Toerisme, was ek ook ingeskryf as ‘n nagraadse student by die Skool vir Fisika. Na my terugkeer na Suid-Afrika in 2001, hervat ek my studies by die Skool vir Fisika voltyds en voltooi my M.Sc. in die begin van 2002. In dieselfde jaar begin ek met my Ph.D.-studies by die Skool vir Fisika onder leiding van Prof. Adri Burger en voltooi my studies aan die begin van 2006. In September 2005 aanvaar ek ‘n na-doktorale pos by die Bartol Research Institute aan die Universiteit van Delaware in die VSA.
Wat is jou navorsingsbelangstellings
My nagraadse studie, sowel as my na-doktorale pos het gehandel oor gelaaide deeltjie transport in turbulente magneetvelde. Die primere studie metode het die oplossing van numeriese modelle behels en die algehele studie het grotendeels uit sagteware onwikkeling bestaan.
Gunsteling flieks
Terminator 2,3; The Matrix Trilogy; Lord of the Rings; Harry Potter; Star Trek.
Gunsteling musiek
Enige iets, grotendeels afhankilk van my stemming.
Gunsteling professors op die Puk
Prof. Harm Moraal (Fisika), Prof. Adri Burger (Fisika) en Prof. Japie Spoelstra (Toegepaste Wiskunde).
Waar is jy nou
Ek is huidiglik ‘n werknemer van Intergraph, ‘n sagteware maatskappy met hoofkantoor in Huntsville, Alabama in die VSA. Intergraph het sattelietkantore waar sagteware-onwikkeling plaasvind in die VSA (Hampton, Virginia), Frankryk en in Indie. Ek werk in Hampton, aan die SmartMarine3D produk wat deur klinte soos Samsung Heavy Industries gebruik word om skepe mee te ontwerp en te vervaardig. My taak as sagteware ontwikkelaar, saam met ongeveer 30 ander sagteware ontwikkelaars hier in Hampton, is om huidige funksionalitiet in spesifieke komponente van die SmartMarine3D sagteware in stand te hou en om nuwe funksionalitiet in te bou, soos deur die kliente verlang word.
Hoe het jou tyd op die Puk jou gehelp met die werk wat jy nou doen
My werk behels uiterse kritiese denke en analise. Daardie twee vermoens is sonder twyfel by NWU ontwikkel en gekultiveer. Veral tydens my nagraadse studie het ek probleemoplossingstegnieke aangeleer wat ek nou elke dag in my werk gebruik.
Waar sien jy jouself oor 10 jaar
Ek beoog om gevestig wees in my beroep as ‘n sagteware ontwikkelaar hier in die VSA.
Om deel te word van die Fisikaspan en om blootstelling te kry aan die geleenthede wat die vakgroep bied, skakel Prof. Stefan Ferreira by 018 299 2423.
Besoek Intergraph se webtuiste waar dr. Jaco tans werk.



