
Fase 1 van die webherontwikkelingsprojek afgehandel!
Die eerste fase van die webherontwikkelingsprojek is afgehandel en dit is vir ons ‘n groot plesier om u welkom te heet op ons nuwe landingsblad!
Fase 1 stel die nuutontwerpte landingsbladsy en html webbladtemplate bekend. Die nuwe voorkoms en gevoel stem ooreen met die NWU se handelsmerk om só die NWU se beeld te versterk.
Om gebruikervriendelikheid te verbeter, het Fase 1 spesifiek gefokus op die akkuraatheid en relevansie van die geselekteerde inhoud wat by hierdie fase ingesluit was. Dit sluit die meeste organisatoriese en amptelike inhoud in, soos inligting oor die Universiteit, asook drie geselekteerde fakulteite - Regte op die Mafikengkampus, Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus en Geesteswetenskappe op die Vaaldriehoekkampus.
Fase 1 dien as ’n platform vanwaar ons kan voortgaan om ’n funksionele en interaktiewe NWU webwerf te bou. Totdat die volle inhoud herontwikkel is, sal die bestaande inhoud steeds soos altyd vir gebruikers sigbaar wees.
Die volgende fases van die webherontwikkeling word reeds beplan, en meer inligting hieroor volg op ‘ n latere stadium.
Klik hier om na ‘n video te kyk oor fase 1.
Die kernimplementeringspan - van links mnr Cobus Steenkamp, mee Géna Thompson en Gloria Edwards - is reg vir aksie!


