
DIE INSTITUSIONELE KWALITEITSKANTOOR
Dienste
Intern – die Kwaliteitskantoor:
|
• |
Gee raad oor die universiteit se kwaliteitstruktuur, prosesse en werksaamhede, insluitend die verantwoordelikheids en verantwoordbaarheidslyne, soos in die kwaliteitshandleiding weerspiel word; |
|
• |
gee raad en ondersteuning (indien deur Institusionele Bestuur versoek) aan die universiteit op die gebiede van beplanning, implementering, evaluering, oorsig en terugvoering vir verbeteringsdoeleindes; |
|
• |
gee raad en ondersteuning (indien deur Institusionele Bestuur versoek) aan die universiteit op die gebiede van beplanning, implementering, evaluering, oorsig en terugvoering vir verbeteringsdoeleindes; |
|
• |
ontwikkel prosedures, riglyne en ondersteuningsmateriaal ter ondersteuning van institusionele Kwaliteitsversekering en verbetering en hou dit op datum; |
|
• |
ondersteun die selfevalueringsprosesse; |
|
• |
help die Projekkantoor met die opstel van die HOKK se ouditstrategie, tydlyne en beplanning; |
|
• |
help met die opstel van die NWU se Selfevalueringsverslag en portefeulje vir HOKK-oudits; |
|
• |
help met die opstel van die Kwaliteitsverbeteringsplanne (gegrond op Ouditterugvoer) vir die HOKK en monitor die implementering daarvan; |
|
• |
ondersteun interne, nasionale en professionele oorsigprosesse en dryf alle eksterne akademiese program /vakevaluasies; |
|
• |
ondersteun die ondersteuningsdienste se selfevalueringsprosesse en dryf alle eweknie-evalueringsprosesse; |
|
• |
gee raad aan besigheidseenhede en proseseienaars vir die opstel van ’n databasis van evaluasies, oorsigte, verslae, verbeteringsplanne en opvolgaksies; |
|
• |
help met en bevorder bewustheid van die NWU se benadering tot Kwaliteit; |
|
• |
ontwikkel ’n intranetwerf (toeganklik vir personeel) as ’n belangrike inligtingsbron oor alle tersaaklike aspekte; en |
|
• |
onderneem kwaliteitsverwante personeelontwikkelingsaktiwiteite tot voordeel van die universiteit en individue. |
Ekstern – die Kwaliteitskantoor:
|
• |
Neem deel aan die nasionale en internasionale gesprekvoering oor Kwaliteit; en |
|
• |
skakel (deur die kantore van die visekanselier en/of die institusionele registrateur) met die HOKK oor ouditopstelaangeleenthede: voor, tydens en na oudit, ensovoorts. |


