Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE

Boodskap van die dekaan

Studente, ouers en medekollega wat die Fakulteit webblad besoek - Welkom!  Die Fakulteit is verbind tot die voorsiening van hoë kwaliteit en stimulerende professionele opvoeding wat beide nasionaal en internasionaal gehoor gee aan die konteks waarin ons werksaam is.  Die Fakulteit onderneem onderrig en navorsing en is betrokke by gemeenskappe.  Hy stel homself ten doel deur hierdie aktiwiteite die intellektuele en vaardigheidsbehoeftes van die onderwys- en opleidingsektor in Suidelike Afrika aan te spreek, beide in terme van die diverse onderwyskontekste in Suid-Afrika en kwaliteit opvoeding.

Ons streef daarna om 'n toonaangewende rol in die bevordering van 'n dinamiese intellektuele kultuur in die onderwyssektor te speel, gekenmerk deur, byvoorbeeld die gebruik en toepassing van die jongste tegnologie en onderrigbeginsels, die ontwikkeling en ondersteuning van lewenslange leer en die ontginning en oordrag van nuwe kennis binne die konteks van onderwys in Suidelike Afrika.

             

Biografie

Robert John Bafour is Professor en Dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) en Ereprofessor van Opvoedkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.  Hy was voorheen Registrateur by St Augustine Kollege van Suid-Afrika en was 'n genoot van die Institute of Commonwealth Studies en Clare Hall (Cambridge).  Hy het sy grade van die universiteite van Rhodes, Natal en Cambridge onderskeidelik ontvang en gee klas in Toegepaste Taalstudie.  Sy werk in toegepaste taalkunde en letterkunde is wyd gepubliseer en sy jongste verskyning Culture, Capital en Representation is in 2010 deur Palgrave Macmillan vrygestel.  Hy is 'n kreatiewe skrywer en digter wat reeds publikasies die lig laat sien het, asook 'n skilder wie se werk al uitgestal is.

 

Toesprake van die dekaan

2013

 

Address to Faculty Staff on Faculty opening, 16 January 2013

2012

2011

 

Visit our Facebook page

Opgedateer op 16 Januarie 2013 deur Corne De Wee