Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE

Visie en Missie

Visie

Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is verbind tot waardegedrewe voorsprongopleiding, uitnemende navorsing en deskundige dienslewering ter wille van gehalte-onderwys binne 'n diverse Suid-Afrikaanse gemeenskap.

Missie

Die missiestelling van die Fakulteit sluit o.a. die volgende in:

  • Die Fakulteit funksioneer ooreenkomstig die ooreengekome en aanvaarde waardes soos deur NWU gedefinieer en volle erkenning word gegee aan individualiteit en diversiteit
  • Strukture en aktiwiteite is gemik op die versekering van effektiewe, bekostigbare onderrig, ontwikkeling van uitnemende navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid op plaaslike en provinsiale vlakke
  • Ontwikkeling en aanbieding van voor- en indiensopleidingsgeleenthede vir onderwysers wat van kwaliteit getuig
  • Ontwikkeling van 'n deelnemende leierskap- en bestuurstyl in die Fakulteit.


 

 Opgedateer op 18 Maart 2013 deur Corne De Wee