
FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE
Studente
Studente van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe volg 'n vier-jaar professionele kwalifikasie, wat beide die akademiese en professionele opleiding benodig om as onderwyser te kwalifiseer, bied. Die NGOS is 'n een-jaar program wat volg na 'n erkende graad. Deur die Departement van Studente Ontwikkeling verskaf die Fakulteit 'n effektiewe diens aan onderwysstudente van die Universiteit ten opsigte van akademiese, professionele betrokkenheid en die skep van geleenthede, om hulself as onderwysers toe te rus. Die sport, kultuur en leierskapsaktiwiteite wat vir studente gereël word verteenwoordig 'n breë samewerking met 'n groot verskeidenheid studentevakorganisasies teenwoordig op die Universiteit. Alle georganiseerde aktiwiteite dra die kenmerk van 'n genotvolle studentelewe en vorming vir die onderwysprofessie. Die aktiwiteite word gefokus op die werwing en indiensplasing van onderwysstudente sowel as aktiwiteite op die gebied van holistiese skoolontwikkeling, onderwysgerigte gemeenskapsdiens en akademiese, kulturele, sport en multikultureel-georiënteerde bevoegdhede. Die aktiwiteite dra by tot die voortdurende versterking van georganiseerde studentelewe aan die Universiteit.
Navrae:
Dr Andre Haasbroek
Tel: +27 (0) 18 299 4706
E-pos: andre.haasbroek@nwu.ac.za
Opgedateer op 15 September 2011 deur Elsabe Fraser


