
SENTRUM VIR TEKSTEGNOLOGIE (CTexT®)Nuusflits!Prof. Daan Wissing (Senior Navorser en kenner op die gebied van die fonetiek en fonologie) en Wikus Pienaar van CTexT® het onlangs ʼn interaktiewe vokaalkaart vir Afrikaans ontwikkel...Lees meer. Klik op die onderstaande skermskoot om die vokaalkaart te besigtig:
Belangrike skakels
Oor OnsDie Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) het op 1 Junie 2004 as ’n selfstandige eenheid sonder winsbejag van die Navorsingsfokusarea: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) begin funksioneer. Die personeel by CTexT is besig met ’n verskeidenheid navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite. Hulle streef noue interaksie tussen hierdie navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite na. Navorsing moet waar moontlik tot produkontwikkeling lei/bydra, terwyl alle produkte in deeglike navorsing geanker is. Die vier vernaamste aktiwiteite van CTexT behels die volgende:
• Navorsing (insluitend basiese, strategiese, toegepaste en marknavorsing)
• Tale waarin min navorsing gedoen word (met spesifieke fokus op Suid-Afrikaanse tale);
|



