Printer-friendly version
Druk
Share this
 

DEPARTEMENT BESKERMINGSDIENSTE

 Wie is ons?

 Departement Beskermingsdienste is 'n ondersteuningsdepartement van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) met die hoofdoel om noodsaaklike en doeltreffende Beskermingsdienste te lewer om so 'n veilige studie- en werksmilieu te skep vir personeel, studente en besoekers aan die Potchefstroomkampus.
In aansluiting by die Universiteit se Visie is dit noodsaaklik dat die Departement Beskermingsdienste sy werksaamhede so struktureer dat daar ook uitvoering gegee word aan die bepalings van die algemene Tugreglement vir studente en personeel soos goedgekeur deur die Raad van die Universiteit op 25 November 1993.


Waar is ons geleë?  Ons dienssentrum is geleë in die draai by die Sanlam Ouditorium en skuins oorkant Voeding- en Gesinsekologie.  Gebounommer F17 - Universiteitstraat 16. Kyk kampuskaart by Roetekaart.zip
Om van buite Potchefstroom by die kampus uit te kom, kan u die roetekaart na u hardeskyf aflaai, raadpleeg en uitdruk.
 

GPS

S 26º  41.253

E 27º  5.647

Hoe kom ek daar per motor? As jy Ouditorium toe ry van die suidelike rigting af en jy ry noord, maak die pad 'n draai na regs en weer 'n draai na links - ons gebou is aan die regterkant op die hoek.
 

Waar is die kaartafdeling? Aan die agterkant van die kantore is die kaartafdeling (kantoor G07). U sal sien dat daar duidelike borde is wat die kantore aandui.
 

Waar is die Verkeersafdeling vir parkeerskyfies en boetes? Die afdeling Verkeerbeheer is ook aan die agterkant van die huis geleë (kantoor G10) asook die Hoof Verkeer- en Toegangsbeheer (kantoor G13).   U sal sien dat daar duidelike borde is wat die kantore aandui.
 

Wie is dan binne-in die gebou? Die Beskermingsdienste Dienssentrum word beman deur die Direkteur, Ondersoekbeampte, ontvangs/sekretaresse en die kontrole-/beheerkamer waar alle alarms gemonitor word, radio- en telekommunikasie en sake, gebeure, klagtes ensovoorts aangemeld word. 
 

 

opgedateer Okt 2011 Lynette Tolmay