Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Aansoeke en Toelatings

Vergewis uself van die inligting wat beskikbaar is by die skakel "Toelatingsvereistes vir Voorgraadse- en Honneursstudie", en daarna kan u op een van twee maniere aansoek doen.

 
  • Gebruik die skakel "Nuwe aansoek" om toegang te kry tot die elektroniese aansoekvorm wat, nadat u dit voltooi het, elektronies na die Universiteit gestuur kan word
of 
  • U kan die aansoekvorm uitdruk, dit voltooi en per pos na die Universiteit stuur.
     

Indien u nog nooit voorheen by die Universiteit aansoek gedoen het vir studie nie, sal die stelsel u verplig om inligting te verskaf om vir u 'n studentenommer te skep.

U sal ook as 'n verdere sekuriteitsmaatreël 'n PIN kies wat u in die toekoms moet gebruik.Indien u voorheen aansoek gedoen het en in besit is van 'n studentenommer, sal die stelsel u verplig om die studentenommer te gebruik.