Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Dinki Dameskoshuis

Oor ons

Dinki Dameskoshuis, is die oudste dames dorpskoshuis op die PUK en spog dus met 'n trotse verlede. Dinki is 'n waardegedrewe koshuis wat op 'n Christelike grondslag bestuur word. In Dinki gaan dit oor familie ("sisterhood"), groei in stylvolle dames en vet pret hê.

Dinki is passievol in alles wat ons aanpak en ons skroom nie om groot te droom nie. Ons daag onsself altyd uit en staan saam om te bereik wat ons droom.

Ons kantoor en klubhuis is sentraal op kampus geleë. Die klubhuis is Maandae tot Vrydae oop vanaf 09:00 tot 15:00 en dit is 'n miernes van mense. Almal is welkom hier en daar word gereeld gekuier en gewerk tussen klasse.

Dinki Dameshoshuis bied aan elke dame die geleentheid om haarself te vind en uit te leef in ‘n koshuis met:

Roemryke tradisie

‘n Trotse verlede

‘n Visie vir die toekoms

Groep vriendinne met ‘n hegte eenheidsgevoel.

Dinki se DOELWITTE is:

Stylvolle Beeld

Aktiewe Betrokkenheid

Absolute Trots

Eenheid maak 'n verskil

  Kom wees deel van die Dinki-Familie!