Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Dinki

Aktiwiteite

Akademie

Akademiese raadgewers word in ons koshuis aangestel om seker te maak dat eerstejaars altyd iemand het, op wie se knoppie hulle kan druk om hulle akademies by te staan. Die akademiese HK- lid sal as skakelpersoon tussen die raadgewers en die eerstejaars optree. Alle eerstejaars gaan ook ‘n lys met die volledige besonderhede van elke raadgewer ontvang. Eerstejaars gaan onder die raadgewers ingedeel word om sodoende kontrole en hulpverlening te vergemaklik. Raadgewers word ook nie bloot net aangestel nie. Hulle ondergaan ‘n streng keuringsproses en word deur die Akademiese raad van die Studenteraad goedgekeur. Eerstejaars sal bygestaan word deur onder andere verduideliking van werk wat hulle nie verstaan nie, korrekte notas, hoe om eksamenvrae te beantwoord en hoe om take te benader. Ek is altyd net ‘n oproep ver en u as ouers is ook welkom om my te skakel sou daar ‘n probleem wees.