Printer-friendly version
Druk
Share this
 

Bellatrix Koshuis

Aktiwiteite

SJGD

Projekte:

In ons SJGD projek werk ons met Gr10 minder bevoorregte meisies van Promosa Hoërskool.  Die projek behels 3 Programme naamlik

  • Liggaamlik (huppel in jou stap) : Speel netbal een keer 'n week saam met die meisies. beoog om hulle vaardighede aan te leer en spanbou te verbeter.

  • Geestelik(Me,myself and I): Hou Bybelstudie elke maandag oggend saam met die meisies. Hier fokus ons op karakter bou en wat die waarde van vrou wees is.  Leer hulle ook meer van God se Woord en bou 'n vertrouens verhouding met hulle.

  • Verstandelik(Flink dink): Gee een keer 'n week akademiese ekstra klasse vi die meisies. werk vraestelle deur en beantwoord vra in Afrikaans en Wiskunde waarmee hulle sukkel.

Promosa Hoërskool is geleë in die hartjie van Promosa en ons werk hoofsaaklik met Gr,10 meisies.  Ons beoog om 'n hegte vertrouensband met die meisies te bou en ook baie pret  saam met hulle te hê.  Ons gaan God se liefde vir hulle wys.

In 2010 was ons SJGD wenners met die volgende: 

  • Wen dames se SJGD

  • Wen algehele SJGD met ‘n persentasie van 87%

  • Wen blikkieskosdag

  • Wen kaalvoetdag

In die fotos kan daar die verskeie aktiwiteite waargeneem word bv.  Een van die netbalspanne, Blikkieskosdag ons kos insamel vir minderbevoorregte mense, ‘n Ma en dogter aksie wat ons by Promosa gehou het en die twee meisie wat bidgroepie hou.