066 Potchefstroomkampus, Nuus, Pauline Gutter ontvang Helgaard Steyn-prys op NWU-kampus

Pauline Gutter ontvang Helgaard Steyn-prys op NWU-kampus

‘n Kunstenaar van die Vrystaat, wat bekend is vir haar skilderye oor die verskynsel

Pauline Gutter by haar kunswerk, Silenced 1 (2008).

van plaasmoorde, is vanjaar die ontvanger van die Helgaard Steyn-prys van R250 000. Dié prys is vanjaar op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aan haar Pauline Gutter oorhandig.
  Die Helgaart Steyn Trust word jaarliks om die beurt aan ‘n komponis, skilder, skrywer of beeldhouer toegeken. Die NWU en die Universiteit van die Vrystaat administreer die prys wat sedert 1987 toegeken word in opdrag van ‘n bemaking in die testament van regter JH (Jan) Steyn (1902 – 1983).
  Prof John Botha, vakvoorsitter van Kunsgeskiedenis, was saam met prof Suzanne Human van die UV en dr Lydia de Waal van die Sasol-kunsmuseum by die Universiteit van Stellenbosch, die beoordelaars van vanjaar se prys.
  Gutter se olieverfwerk, Silenced 1, is deel van ‘n reeks wat sy in 2008 oor plaasmoorde gedoen het. Dié skildery kom uit die versameling, Opslag, wat in Oliewenhuis-kunsmuseum, Stellenbosch en die NWU in Potchefstroom uitgestal was. Sy werk in olieverf en houtskool, maar is ook bekend vir haar foto- en videokuns, asook haar werk in ander media.
  Twee van trustees, me Hanneli Rupert-Koegelenberg en mnr Carel Gersbach, het ook die geleentheid bygewoon.
  ‘n Beskeie Gutter het die Trust bedank vir die vertroue wat hulle in haar gestel het en gesê die geld sal haar die vryheid gee om op nuwe werk te fokus. Sy het ook haar ouers bedank dat hulle vir haar ‘n steunpilaar in haar lewe is.

Van links is proff Suzanne Human (beoordelaar van die UV), Herman van Schalkwyk (rektor van die Potchefstroomkampus), dr Lydia de Waal (beoordelaar van Sasolkunsmuseum), Pauline Gutter, prof John Botha (beoordelaar van die NWU), me Hanneli Rupert-Koegelenberg (trustee) en mnr Carel Gersbach (trustee van Absa Trust).