Caster Semenya

Caster Semenya

Hardloop om te inspireer

Mokgadi Caster Semenya is ’n internasionale sportikoon wie se hardloopprestasies die nasie en die wêreld inspireer.

As baanbreker op en van die baan af, beywer Caster haar vir die regte van vroulike atlete ná die bekendstelling van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies se regulasie dat vroulike middelafstandhardlopers met ’n natuurlike hoë vlak van testosteroon medikasie moet neem om dit te verlaag.

Caster is ’n ware ambassadeur vir haar alma mater, die Noordwes-Universiteit (NWU), waar sy in 2017 ’n diploma in Sportwetenskap voltooi het.

Sy het in 2016 die NWU se gesogte Ambassadeurstoekenning vir uitnemendheid in sport ontvang en die instelling trots gemaak toe sy dié universiteit se heel eerste goue medalje by ‘n Olimpiese spele gewen het.

Die prestasie was in 2012 in Londen, toe sy in die

800 m goud gewen het, en dit vier jaar later in 2016 met nog ’n goue medalje by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro opgevolg het.

Caster se indrukwekkende hardlooprekord is ’n bewys— van haar indrukwekkende atletiektalent oor ’n reeks afstande van die 400 m tot die 800 m, die 1 500 m en die 2 000 m.

Caster is egter meer as net ’n uithaleratleet. Sy glo daarin om iets aan haar gemeenskap terug te gee deur as mentor vir kinders en medestudente, asook mededingers op die atletiekbaan, op te tree, hulle af te rig en te inspireer. Sy doen dit ook op internasionale vlak.