Alumni - Yvonne Mokgoro

Alumni-toekenning

Regter Yvonne Mokgoro: hervormer en gerespekteerde regspraktisyn

Regter Yvonne Mokgoro het in 2009 uitgetree as Regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Sy het in hierdie hoedanigheid gedien vanaf die totstandbrenging van die Konstitusionele Hof tot aan die einde van haar vyftien jaar lange termyn.

Haar kwalifikasies sluit in ʼn B Juris-graad (1982) en Baccalaureus in Regte (1984) van die Universiteit van Noordwes en LLM (1987) van die Universiteit van Pennsilvanië. Regter Mokgoro is ook ereprofessor in Regte aan die Universiteit van die Noorde, die Universiteit van die Wes-Kaap, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Pretoria, en die Universiteit van Suid-Afrika.

Regter Mokgoro het al ʼn hele aantal eerbewyse en toekennings ontvang. Dit sluit in die Menseregtetoekenning van die Vereniging vir Swart Prokureurs (1995) en die Regsberoep se Vrouepresteerderstoekenning van die Sentrum vir Menseregte en die Universiteit van Pretoria (2001).

Regter Mokgoro is lid van die Internasionale Vrouevereniging (Washington DC) en die Internasionale Vereniging van Vroueregters, die Internasionale Federasie vir Vroueprokureurs en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Vroueprokureurs.