Alumni - Justice Bess Nkabinde

Alumni-toekenning

Regter Bess Nkabinde-Mmono: leier wys die pad vir vroue

Regter Bess Nkabinde-Mmono is sedert Januarie 2006 ʼn regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. Sy is ʼn beginselvaste vrou wat toegewy is aan die opheffing van vroue in Suid-Afrika.

Sy is in 1988 toegelaat as advokaat in Bophuthatswana. Na voltooiing van haar leerderskap by die Johannesburgse Balie in 1989 is sy toegelaat as advokaat in Pretoria. Sy het in 1990 lid geword van die Noordwes-balie, waar sy gepraktiseer het op die gebied van siviele litigasie, kommersiële reg, huweliksreg en strafreg.

Sy het haar regsloopbaan as Waarnemende Regter van die Hooggeregshof, Bophuthatswana Provinsiale Afdeling, in 1999 begin en in November van dieselfde jaar ʼn permanente regter geword.

Sy het in 1986 ʼn LLB aan die Universiteit van Noordwes behaal.