Alumni - Johan van Zyl

Alumni-toekenning

Dr Johan van Zyl

Dr Johan van Zyl speel ʼn leidende rol in die Suid-Afrikaanse en globale motorbedryf. Hy is tans die Toyota Motorkorporasie se adjunkhoof vir Afrika, Latyns Amerika, die Midde-Ooste en die Karibiese Streek. Hy is ook president en uitvoerende hoof van Toyota Suid-Afrika Motors, en is verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van Toyota in Afrika.

Sy mees onlangse besigheidsprestasies sluit in die bestuur van Toyota se belegging in Suid-Afrika – die grootste beleggingsprogram nóg deur ʼn Japannese maatskappy – wat die produksiekapasiteit van die maatskappy se plaaslike aanleg tot 220 000 eenhede vergroot en die plaaslike filiaal se teenwoordigheid in uitvoermarkte tot meer as 58 lande uitbrei.

Dr van Zyl is ook ʼn gerespekteerde akademikus in eie reg en beskik oor ʼn BCom-graad (cum laude), ʼn BComHons-graad (cum laude), MCom en Bemarkingsbestuur (cum laude) en DCom. Hy het ook ʼn eredoktorsgraad van die NWU.