Alumni-toekennings 2013

ALUMNI

NWU-Alumnitoekennings 2013

Op 6 September 2013 het die NWU die eerste Noordwes-Universiteit-alumnitoekenningseremonie by die glansryke Maslow Hotel in Sandton aangebied. Hierdie gebeurtenis het ook ons vieringe ingelui ter herdenking van 10 jaar van ʼn suksesvolle saamgesmelte instansie in 2014. Die prestasies van ons alumni is net één van die maniere waarop ons die uitnemendheid van die NWU ten toon stel.