Affiniteitsring

Niks sê toegewydheid beter as juweliersware nie – daarom is die NWU trots om die pragtig ontwerpte NWU-affiniteitsring bekend te stel. Dra die NWU-affiniteitsring en wys vir die wêreld dat u die NWU ondersteun en trots is op die Universiteit se prestasies. Hierdie unieke simbool van trots is nie net beskikbaar aan NWU-alumni nie, maar aan almal wat ʼn affiniteit het vir die Universiteit.

Kontak Izette Schouwstra vir meer inligting.