Printer-friendly version
Druk
Share this
 

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE
Navorsing: Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART)

Programme 

 

Gebruik asb. die volgende indeks om na die verskillende seksies te navigeer:

programmes

Indeks:

Die geskiedenis van HART:
Huidige navorsingsprogramme
Deelnemers by HART:
Navorsingsonderwerpe:
Prestasies en toekennings


Die geskiedenis van HART:
 

Die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) is in 2008 as nisarea gestig nadat 'n groep kardiovaskulêre fisioloë – wat vir ten minste 'n dekade lank in die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) op hierdie gebied gewerk het – besef het dat daar nou genoeg momentum was om onafhanklik te funksioneer.

Tydens die eerste twee jaar (2008-2009) is nuwe projekte binne HART geloods, nuwe internasionale samewerking is gekoördineer, nagraadse en publikasie-uitsette het toegeneem en ons verskeidenheid kardiovaskulêre toerusting het betekenisvol uitgebrei. Om hierdie redes het HART in 2009 aansoek gedoen om 'n fokusarea binne die Noordwes-Universiteit te word. Ons aansoek is gunstig ontvang en sedert 2010 funksioneer ons groep onafhanklik as navorsingsfokusarea.

Op hierdie stadium is die groep redelik dinamies en besig om sy sterkpunte uit te brei. Ons het in 2010 reeds gegroei en het twee permanente personeellede by gekry, ons navorsingslaboratorium en kliniese navorsingstoerusting is uitgebrei, en ons het aansienlike fondse ontvang om 'n opleidings- en navorsingskliniek vir hipertensie op die Potchefstroomkampus te ontwikkel.

 
Terug na bo

Huidige navorsingsprogramme:
 

Fisiologie-navorsingsprogramme in HART word op grond van kardiovaskulêre risikofaktore vir kardiovaskulêre siektes in die Suid-Afrikaanse bevolking beplan. HART fokus op epidemiologie/gemeenskapstipe navorsingstudies en kliniese studies om onderliggende meganismes van vaskulêre disfunksie te ondersoek. Studente wat vir ’n driejaar-BSc-graad in Fisiologie ingeskryf het, kan dus met ’n BSc Honneurs in Fisiologie (spesialisering in Kardiovaskulêre Fisiologie) aangaan, gevolg deur ’n MSc in Fisiologie en ’n PhD in Fisiologie.

 
Terug na bo

Deelnemers by HART:
 

HART spog met die volgende navorsingskundigheid:

 

 

Kundigheid in die uitvoering van verskillende tegnieke om kardiovaskulêre funksie te bepaal, soos die 24-uur-bloeddrukmonitering, ultraklank-metings van die karotis-arterie, deurlopende bloeddrukmonitering, toepassing van verskillende stressors wanneer vaskulêre funksie geëvalueer word, en die ondersoek van die retinale vate vir vroeë veranderings in mikrosirkulasie.

Kundigheid in die bepaling van verwante kardiovaskulêre risikomerkers, insluitend ultraklank-metings van onderhuidse en ingewandsvet, die implementering van vraelyste, en die uitvoer van biochemiese ontledings vir die bepaling van bloed-/urine-/speekselvlakke van spesifieke hormone of sitokine.

 
Terug na bo

Navorsingsonderwerpe:
 

Aangesien die hooffokus van die groep vaskulêre funksie is, fokus alle navorsingsprogramme gevolglik op aspekte wat vaskulêre funksie moontlik kan verander. Die subprogramme sluit die volgende in:

Hipertensie by swart volwassenes en kinders.

Psigogeniese hipertensie en simpatiese aktiwiteit

Die metaboliese sindroom, met ander woorde kardiometaboliese risikofaktore (vaskulêre disfunksie, inflammasie, vetsug, insulienweerstandigheid, dislipidemie)

MIV/vigs en vaskulêre disfunksie

 
Terug na bo

Prestasies en toekennings:
 

Die Sympathetic Activity and Ambulatory Blood Pressure in Africans- (SABPA-) projek het die Instituut vir Metaboliese Sindroom (MSI) se wetenskapskomitee-toekenning in 2008 ontvang. Die projek is uit 938 projekte aangewys as een van drie wenners van internasionale toekennings vir projekte in die stryd teen die metaboliese sindroom.

Die Direkteur van die fokusarea, prof. AE Schutte, was in 2010 die wenner van die Distinguished Young Women in Life Sciences-toekenning van die Departement van Wetenskap en Tegnologie.

 
Terug na bo

hart_devider