Printer-friendly version
Print
Share this
 

FACULTY OF HEALTH SCIENCES
Institute for Biokinetics

Qualifications 

Die Biokinetika honneurstudent registreer reeds in die honneursjaar as "student in opleiding" by die SAGBR (SA Gesondheids Beroepe Raad). Praktiese opleiding moet dus tydens die honneurs, asook die daaropvolgende internskap onder toesig van 'n reeds geregistreerde Biokinetikus gedoen word. 'n Student kan dus eers na 5 jaar (3 jaar BSc. of B.A. voorgraads, 1 jaar honneurs & 1 jaar internskap) as volvaardige Biokinetikus by die SAGBR registreer. Opleiding, navorsing en dienslewering word vanuit die onderstaande fokusareas in die Johannes van der Walt Instituut vir Biokinetika (NWU, Potchefstroom Kampus) gedryf:
 

Gesondheidsbevordering:

Voorskryf van wetenskaplik gefundeerde oefenprogramme vir algemene fiksheid en voorkoming van kroniese siektetoestande. 

Fokus op die gesondheid en funksionaliteit van die bejaarde populasie. 

Korporatiewe welstand

(Praktiese opleiding behels onder andere fisieke werksvermoëtoetsings, monitor van bloeddruk, neem van o.a.cholesterol- en glukosemetings.)

 
Back to top

Klinies:

Identifisering van kardiovaskulêre- en ander gesondheidsrisikofaktore

Oefenprogramvoorskrif vir onder andere hipokinietise- (bv. hipercholesterolemie, diabetes, obesiteit) en kroniese siektetoestande (bv. hipertensie)

Rehabilitasie van byvoorbeeld beroertepasiënte of miokardiale infarksie.

(Praktiese opleiding van studente behels o.a. uitvoering van longfunksies en submaksimale inspannings EKG's)

 
Back to top

Ortopedies:

Post-operatiewe ortopediese rehabilitasie, byvoorbeeld na heup- / knievervangings, rugoperasies, skouersjirurgie.

Finale fase rehabilitasie van sportbeserings.

Voorkoming van beserings deur die identifisering van postuur en biomeganiese afwykings

(Praktiese opleiding behels onder andere isokinetiese toetsings, biomeganiese evaluering en EMG.)

 
Back to top